Blits Nuus

WISKUNDE ONNIE SÊ TOTSIENS

By 2020-02-20 February 28th, 2020 No Comments

In 2016 het ‘n juffrou in Possieland ingestap en nuwe betekenis aan Wiskunde gegee.  Juffrou Mardorie het  die x en y ‘s in Algebra persoonlikheid gegee en die hoeke in Meetkunde kon sommer lang gesprekke met die leerlinge voer.

Willem Postma was haar eerste skool en soos sy sê het sy baie boeke-kennis gehad, maar eintlik nog so baie om te leer. Volgens haar stap sy weg as ‘n volwaardige juffrou en dit is alles te danke aan haar kollegas by wie sy so baie geleer het.  En natuurlik het die kinders  haar ook waardevolle lesse geleer. 

Haar gunsteling sport is hokkie, maar netbal en tennis is ook op haar lysie.  Haar liefde vir hokkie het egter by Willem Postma gegroei en daarom is haar woorde;” My hokkie bokkies sal altyd baie spesiaal vir my wees”.

Juffrou Mardorie gaan nou eers tyd saam nader aan familie en vriende spandeer, maar verder wil sy niks meer oor haar toekomsplanne kwytraak nie.

Haar weggaan-boodskap aan elke Possie is Spreuke 3:5 en 6.  Vertrou op die Here met alles wat jy het.  Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen.  Hy sal die regte pad vir jou wys. Possieland sê totsiens aan ‘n besonderse liefdevolle mens. Mag al Juffrou se drome waar word.