Charl Simkin, ‘n Leerling in ons skool in Gr. 4 het die 6de Maart aan die SA Karate kampioenskappe in Tongaat naby Durban deelgeneem.
Daar was drie afdelings: Spankata, Individuele kata en Kumite. Kata is ’n roetine van bewegings en Kumite is om teen iemand te veg. Hy en sy twee spanmaats het algeheel 3de geëindig in die Spankata afdeling en ‘n brons medalje verower. In die Kumite afdeling het Charl algeheel 5de geëindig.
Hy het vir meer as ’n jaar lank voorberei en hard gewerk, want hy sou al in Maart 2020 deelgeneem het, maar a.g.v. Covid-19 is dit uitgestel tot Maart 2021.
Dit was vir hom lekker om tenspyte van die pandemie, te kon deelneem, omdat hy by ander plekke kon kom as net by sy huis en die skool te wees. Hy was ook nie te veel gespanne nie. Hy was positief en opgewonde voor die aanvang van die kompetisie. Dit was vir hom besonders om aan die SA’s te kon deelneem, omdat dit nie vir almal beskore is nie. Sy motivering om sy bes te doen kom van sy oupa af wat altyd sê: ‘‘no guts, no glory!’’
Ons skool is baie trots op hom ! Hou so aan Charl.