Willem Postma Primêre Skool het hierdie jaar vir die sesde keer op 6 Maart 2020 ‘n pretstap as fondsinsamelingsprojek aangepak en dit was ‘n reuse-sukses. Hierdie jaar was ekstra spesiaal synde die die pretstap geskuif het vanaf Naval Hill na Emoya Landgoed.

Nagenoeg 1,000 Ouers, grootouers, familie en vriende van Willem Postma-leerders, sowel as lede van die publiek van alle ouderdomme het gedeel in die dag vol pret en plesier en elkeen wat gestap het, het ‘n pragtige medalje ontvang.

Die tema van die pretstap hierdie jaar was “ Colour Run” en het almal hope pret gehad met `n reënboog vol kleure wat oor hul gestrooi was by twee verskillende waterpunte. Vir ouers wat nie met verf gegooi wou word nie, was daar `n ontsnaproete en kon hul na afloop van die verrigtinge weer skoon by die werk aangekom het – behalwe as jou liefste kind dink jy gaan baie mooier lyk as hy of sy jou met ‘n bont verflyf omhels!