Weereens val ‘n besonderse prestasie ons Senior Koor te beurt. Hulle neem vanaand deel aan die 2019 Finaal van die ATKV Applous kompetisie in Bloemfontein. Hulle is deel van net 6 primêre skoolkore wat landswyd gekeur is om deel te neem. Die Vrystaat spog met twee van hierdie kore, nl. die koor van Willem Postma Primêr en die koor van Oranje Meisies Primêr.