Jy kry visvangers en jy kry hengelaars. Die verskil kan jy maar self gaan navors. Vir die twee Possies-meisies, is dit beslis hengel.
Elandri Ebersohn en Anzel Swartz (Graad 6), het die naweek van 8 en 9 Mei aan die Suid-Vrystaat Proewe vir hengel
deelgeneem.

Hulle het dit baie geniet. Hulle vertel my, om goed te presteer moet jy die regte gerei hê, hard konsentreer en ook navorsing doen
oor die dam en die betrokke kompetisie.

Elandri sien graag uit na die liga hierdie jaar waar hulle dan teen ander Bloemfontein Visvang klubs gaan meeding. Anzel sien
weer uit na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, waar sy dalk ‘n kans staan om gekies te word vir die Springbok proewe.

“….die samesyn met familie lede en die leer van nuwe dinge, is belangriker”

Hengel is ‘n interessante sport en sal mens wonder hoe hulle begin het. Elandri sê sy het as klein dogtertjie by haar pa die
belangstelling in hengel geleer. Vir Anzel weer, het die hengel-gogga haar gebyt toe sy sien hoe haar broer en pa dit geniet. Vir hierdie
aspirant hengelaars is wen nie altyd eerste prioriteit nie, maar die samesyn met familie en die leer van nuwe dinge, is vir hulle belangriker.

Altwee het hulle oog op Springbokkleure, dus manne, julle moet eerder eenkant toe staan, want hierdie twee Possie-meisies bewys aan
almal dat visvang ook vir sissies is!!