Sport

TENNIS TOERNOOI SKOP SY BABA SKOENE UIT!

Wat is rooi en blou, hardloop rond in ‘n hok en skree “Let’s go”? Dis niks anders as ‘n
Willem Postma tennisspeler wat ‘n punt gewen het nie. Vanaf 13 tot 15 Oktober het
40 ywerige tennisspelers aan die eerste Willem Postma Super 4 Tennis Toernooi
deelgeneem.

Die spanne het uit vier lede bestaan wat 2 enkels en 1 dubbel moes speel om
sodoende die wenner van die rondte te bepaal. Deur verskeie wedstryde te speel is
die top 4 spanne deur na die finaal wat op Vrydag die 15de plaasgevind het. Al die
wedstryde is op Sentraal se bane gespeel.

                         “Spelers het dus geskiedenis gemaak…”

Na ‘n stresvolle, maar uiters suksesvolle 3 dae, is ‘n ‘professionele’ prysuitdeling
gehou. Die wenspan asook die naaswenners het groot pryse ontvang. Die volgende
spelers het dus geskiedenis gemaak deur die eerste Willem Postma Super 4 tennis-
toernooi te wen, seuns: Ruan Hoffman, Heinrich Brisley, IR van der Merwe en Juan Corbett.
Die naaswenners was die dogters, nl. Savanah Olivier, Amelie Bezuidenhout, Marlene du Plessis en Daniël du Plessis.

Die wenspanne!

Ek namens al die deelnemers ‘n spesiale dank gee aan Juf Lee-Ann wie
hierdie wonderlike geleentheid op die been georganiseer het, asook almal wat haar bygestaan het. Dis ‘n absolute voorreg om julle as onderwysers te hê!!

Nou ja, die baba tennisskoene is uitgeskop …. Sien julle almal in 2022!!