Swem was tydens die grendeltydperk van die eerste sportsoorte wat wel weer beoefen kon word – onder baie streng voorwaardes. Bloemfontein het ook een
van die eerste swembaddens gehad wat geakkrediteer is, sodat daar geoefen kon word.

‘n Normale swemseisoen eindig April maand, so daar kon geoefen word om fiks te wees vir die nuwe seisoen, indien daar byeenkomste sou wees.
Met die streng voorsorgmaatreëls in plek, kon die swem wel gala’s aanbied in die verskillende vlakke. Swem Suid-Afrika het verskillende vereistes wat vasgestel is
om te verseker jy swem in die regte vlak en so beweeg jy dan ook op met die vlakke tot by SA’s.

Willem Postma het ‘n groot en goeie swemspan die jaar gehad, met swemmers wat in elke byeenkoms hulle tye verbeter het.

Vlak 1 was in Bloemfontein gehou, Vlak 2 in Kimberley, Vlak 3 in Sasolburg en SA’s in Durban. By elke byeenkoms het die Possies uitgeblink. Van die leerders wat
deelgeneem het was Reagan, Duené, Lisa, Christiaan en Ilanze.

Ek was bevoorreg om in Durban deel te neem: wat ‘n ervaring!!! ‘n Olimpiese standaard stadion en swembad. Die atmosfeer, selfs sonder toeskouers, was wonderlik,
spanningsvol, maar lekker. Daar het ek baie goed vir die eerste keer gesien en gebruik: wegspringblokke vir rugslag, onderwater kameras, ens….
Die hele ervaring was op ‘n ander vlak. Voorwaar ‘n voorreg om te kon deelneem aan my eerste SANJ!!

Swemgroete