Pret

SNAAKSE DINGE HET GEBEUR TYDENS GRENDELTYD!

By 2020-06-26 No Comments

Die digitaleredaksie het by ‘n klompie Possies gaan navraag doen oor snaakse insidente of gebeurtenisse wat hulle tydens die grendeltyd beleef het. Hier volg van die snaakse verhaaltjies.

Pia van Niekerk vertel aan joernalis Inke Rademeyer…. :

‘n Grendel “troue”
Dit was nie net enige dag in die “lockdown” nie. Dit was n troudag!
Vroeg oggend, sommer al 8 uur, was ons besig om die troukos te maak.
Nadat die kos gemaak is, moes die honde strikdasse kry. Hulle was immers die enigste ander gaste op die troue.
Ons het ons ma(die bruid), gereed gemaak terwyl ons pa(die bruidgom), met n bier in die hand staan.
Almal het hare gewas, aangetrek en die tafel alte pragtig gedek.
Nadat ons als reggemaak het, het die troue begin. Die dominee(ousus Carmi) het vir ons n goeie toespraak gegee en ernstige beloftes laat maak.
Die blommemeisie(middelsus Mieke) het saam met die bruid in die paadjie afgeloop.
Die ander blomme-/ringe meisie(dit was dan natuurlik ek, Pia) het, o wee, die ringe laat val en amper verloor!
Nadat die seremonie verby was, het die bruid en die bruidegom die dansvloer geopen, op dieselfde liedjie as wat hul 23 jaar gelede die dansbaan geopen het.
Die hongerte het begin knaag en pa het vir ons egte “karoo-steaks” gebraai.
Die kos was ongelooflik lekker en die “troukoek” uit die boeke…en so het n baie lekker “troudag” in ons grendeltyd, tot n einde gekom.
“Cheers” op die bruid en bruidegom!

Lene Human het die volgende te sê gehad vir Lisa Steyn:
Snaaks kan nou snaaks raak …. ,maar daar is nou lag snaaks en abnormaal snaaks
Die abnormaal snaaks in lockdown was vir haar :
• Al die reëls
• Al die andersheid
• Maskers dra
• Geen speelmaats
• Geen regte egte skool nie

Dan lag snaaks ;
Haar boetie wat altyd ietsie te sê het op alles….
Soos toe hy hoor dat hy dalk eers in Augustus skool toe gaan, kom dit baie spontaan: “God is soooo wonderlik!!!!!!”

Mia van Tonder in graad 1 het met Melmarie Pretorius hulle snaakse… of dalk eerder grillerige ervaring gedeel.

Die padda wou gaan opsit … Of dalk eerder ‘n swembad vind!
Gedurende die grendeltydperk, het Mia in hulle badkamer ingestap en ‘n padda in die toilet gewaar en begin gil.  Haar ma kom in met ‘n baba in die een hand en ‘n melk bottel in die ander en gril.   Sy roep vir pa, maar toe hy hoor hoe hulle gil en gril, in die badkamer, besluit hy om die plunjer saam te bring.  Met tissuepapier in die een hand en die plunjer in die ander gryp hy die padda en gooi dit by die venster uit.

Daarna kom die klein hondtjie wraggies by die huis ingestap met die padda in sy bek.  Die gegil en gegril begin toe van voor af.  Mia en haar gesin is nogsteeds besig om die padda te soek…

Nieke Simkin het van Ananda gehoor van hoe snaaks sy gelyk het met die eerste opsit van haar gesigskerm.

‘n Gesigskerm of konfytpotjies?

‘n Maat van my se mamma koop vir hulle gesigskerms.
Dit is ‘n nuwe ding in die huis en word dadelik aangepas.
Wel verkeerd om, want dit lyk toe kompleet of sy ‘n leë bakkie botter
teen haar voorkop het en twee kleiner potjies vir konfyt langs haar kop.
Lizanne de Villiers deel graag haar snaakse oomblik in die vorm van ‘n skets – ( ‘n prentjie vertel mos meer as ‘n duisend woorde).

Ek’s ‘n dapper dapper muis, kyk hoe spring hulle rond…!
My inperkingstyd was vol van lekkertye met familielede en maats. Maar die snaaksste gebeurtenis was toe haar ma op die bank spring, skree vir hulp terwyl die hond sy opgewondenheid ook wil laat geld. Alles net oor n klein onskuldige muis wat sy weg probeer soek tussen bene, meubels en rondspringende skoene. Ek wonder wat het die bure gedink!!??

Lizanne se muis ervaring