Sport

REKORDS VIR ROOI PETTE

By 2022-03-07 No Comments

Die rooi pette van Willem Postma het hul skool se naam gestand gedoen, tydens die Interprimêre swemgala op 21 en 22 Februarie by die Stadion Swembad.

Die individuele medaljes is omtrent ingeryg deur die 40 swemmers wat deelgeneem het, met 15 goud, 8 silwer en 9 brons.

Die aflosspanne het op hul beurt gesorg vir 4 goue, 6 silwer en 7 brons medaljes.

Die hoogtepunt van die dag was egter die prestasies van die volgende swemmers:

  • Philip Le Roux laat spaander 2 rekords (50m vryslag en 50m vlinderslag), word aangewys as die beste seun vir 13 jaar en verower ook die gesogte Victor Ludorum trofee.
  • Deuné du Plessis verbeter ‘n rekord (50m vryslag).
  • Ané Pienaar word aangewys as die beste dogter vir 10 jaar.

Willem Postma se swemspan, seuns en dogters gesamentlik, tree uit as die beste swemspan in die Vrystaat tydens die Interprimêr.

 

Deuné du Plessis gr5

Philip le Roux gr7 en Ané Pienaar gr4

Willem Postma swemspan