Kultuur

POSSIES VAT RAAK TYDENS RADIKAAL REDENAARS

Om voor ‘n groep mense te staan en jou sê te sê, sit nie in almal se broek nie. Jou bene begin bewe, jou stemmetjie raak dun en jou voorkop begin sweetdruppels wys. Maar vir Willem Postma leerders is toespraak-lewer soos brood en konfyt eet.
Radikaal Redenaars word elke jaar aangebied, maar in 2020 moes die format ‘n bietjie verander en moes die aspirant-praters ‘n video opname aanstuur. Nie minder nie as 9 leerlinge van Willem Postma skool is deur na die volgende rondte met uitsondering van Annabelle Pretorius (Gr 1) wat direk Nasionaal gaan deelneem. Volgens haar toespraak kan ons self die lewe ‘n fees maak deur mooi gedagtes te hê. Annabelle Naude (Gr 3) se onderwerp was dat ons die lewe se ongemaklike skoen moet weggooi en kaalvoetkind moet wees. En hoe anders as deur Aspoestertjie se glasskoentjies van voorgee uit te skop. Johan Mong (Gr 2) sê dat om te wonder ‘n wonderkuur is en argumenteer dan dat waar sou ons wees as Henry Ford nie gewonder het waarom sy voete elke dag so seer is nie. Die toekoms is vir Inke Rademeyer (Gr 6) baie belangrik en daarom sê sy dat kinders nie meer dink nie, maar hulle verwag dat dinge vanself in plek moet val. Savanah Olivier (Gr 5) besef weereens dat ouers kan sien waar kinders spore trap en daarom is hulle beter as superhero’s.
Ek kan met trots sê dat Willem Postma se redenaartjies raakvat as dit by redenaars kom….dus moet ouers liewers nie begin argumenteer nie.

Van die ander leerders wat ook deurgedring het, is Joubert Haasbroek, Wiehann Swanepoel, Josh Faber, Mia Meyburgh en Simoné Marx.