Willem Postma se vier hoofleiers het onlangs Waterbron Primêre Skool besoek vir ‘n baie spesiale geleentheid – om ‘n Possieskenking te oorhandig.
Mnr. Paul en juf. Antonette het hulle vergesél op die uitstappie.

Mnr. Roeloffse (die skoolhoof) het hulle verwelkom en die skoolgronde en klaskamers gaan wys. Ten spyte van soms swaarkry-tye word die skoolgronde baie mooi versorg en die pragtige roostuin is ’n kleurvolle fokuspunt op die terrein.

Die kinders van die Bainsvlei gemeenskap word daagliks met bussies aangery skool toe sodat almal kan skoolgaan. Al die kinders van die skool
ontvang daagliks ’n ete wat deur ‘n voedingskema voorsien word. Die kinders kom hoofsaaklik uit ‘n arm gemeenskap en baie van hulle kan nie skoolklere en skoene bekostig nie.
Tog is hulle gretig om skool by te woon.

 

Baie dankie dat almal hulle harte oopgemaak het om skryfbehoeftes, skoene en kouse te skenk waar dit so nodig is.
Die kinders van Waterbron waardeer dit baie.