AktueelBlits Nuus

POSSIES GAAN SKOOL!

By 2020-04-15 No Comments

Willem Postma leerders is van die week af terug op die skoolbanke. Wel, ja, nou nie letterlik in die skool nie, maar wel besig met aanlyn werksopdragte wat die onderskeie vakonderwysers vir die kinders beskikbaarstel deur D6, DigiCampus (https://www.digicampus.co.za/), Wolkskool (https://wolkskool.co.za/) en die klas-whatsapp-groepe.

Maak seker dat julle as ouers op D6 onder jou kinder(ers) se graad geregistreer is sodat julle die nodige werk wat die personeel daar oplaai kry.
Vir DigiCampus en Wolkskool moet julle registreer. Albei is gratis en het verskeie videos en ander leermateriaal beskikbaar. Werk egter streng saam met julle kind(ers) se vakonderwysers sodat daar nie ‘n deurmekaarspul kom met wat die onderwyser voorskryf en wat julle op die webwerwe aflaai nie. (Wolkskool het aanlynbronne net vanaf graad 4 en hoër grade.)

Reading Rocket is ‘n aanlyn leesprogram wat in samewerking met die ATKV en StimulusMaksima aangebied word. (Klik op die prent om na die webblad te gaan.)

Dit is vir die personeel net so ‘n nuwe leerskool as vir ons ouers en die leerders en vra dus dat almal asseblief geduldig sal wees. Enige nuwe platvorm het groeipyne en hierdie sal sy kwota pyne hê. Kom ons werk saam om die beste hiervan te maak.

Geniet die nuwe uitdaging en wees julle kind(ers) behulpsaam. Moenie dat hulle alleen op die internet gaan nie, dit is nie ‘n veilige omgewing nie en kinders is en bly nou maar eenmaal nuuskierige agies!

DigiCampus

Aanlyn leesprogram