Ek het met n paar netbal juffrouens en maats gesels, oor hoe hul nou daaroor voel dat die netbal weer begin het. Hoe hul die seisoen sien wat voorlê,
wat ons verwagtinge kan wees rondom netbal en of dit redelik normaal sal verloop, rondom wedstryde en toernooie. Ook wat hulle dink die prioriteitslys is
waaraan nou aandag gegee moet word.

Juffrou Hannerie het dit soos volg gestel:
Ek is vreeslik bly dat hulle weer kan oefen. Die eerste ruk het ons bietjie kondisionering gedoen en veral die kleintjies was opgewonde. Baie van die groter kinders
wou egter netbal speel en het nie opgedaag vir kondisionering nie. Die oomblik toe die groenlig gegee is dat ons balle mag hanteer, het baie meer kinders opgedaag.
Sy was geskok om te sien dat die tyd wat ons nie gespeel het nie, tog baie skade gedoen het, veral graag R wat nou in graad 1 is, is baie agter. Daar is n agterstand
van basiese goed van 2 jaar terug, soos voetwerk en handwerk, wat nou weer vasgelê moet word. Sy hoop daar lê n vol seisoen vir ons voor. Sy glo dit sal in liga wedstryde dieselfde wees oral en dat die standaard nie so hoog soos die vorige jare nie gaan wees nie.
Hoe normaal dinge sal wees dink juffrou? Wel, ons het uitgesien na die Laerskool Bloemfontein toernooi wat elke jaar hierdie tyd plaasvind, maar dit het toe deur die
mat geval. SARU het dit afgestel omdat die rugby ook nie kon plaasvind nie.

Daar volg egter nog n Vrystaat netbal vergadering waarop hul finaal sal besluit oor liga’s. Mens wil jou mos graag meet teenoor ander kinders en dit kan jy net in ligawedstryde doen.
Wat sien juffrou as prioriteite? Daar moet nou weer baie tyd aan basiese vaardighede gegee word. Voete en hande. Kinders moet dit sommer self by die huis ook oefen.
Die netbaloefeninge by die skool is baie goed vir die kinders, al speel hul dalk nie liga wedstryde nie, word die basiese vaardighede weer vasgelê vir die toekoms.

Juffrou Lee-Ann deel haar gevoelens so:
Sy is baie opgewonde dat die kinders weer kan netbal oefen, want netbal lê haar na aan die hart en daar is vir haar niks lekkerder as om ‘n liefde vir netbal by die
dogters te kweek nie. Daar moet eers gekonsentreer word op die speler se fiksheid en vaardighede, daarna kan ons as spanne leer van saamwerk en spangees bou.
Dit is moeilik om te sê wat voorlê vir die seisoen, maar hopelik lê daar n liga voor, waaraan ons kan deelneem en teen die ander skole kan meeding, soos in die verlede.

Nina Steyn (graad 4) gesêls so met ons:
Ek is so bly dat ons weer mag netbal speel en as spanne mag saamspeel.
Netbal is ‘n spansport, so die kondisionering was lekker, maar om met die bal te speel, is soveel lekkerder.
Ek hoop dat die wedstryde wel sal plaasvind en is opgewonde, want ek dink nie ander skole het meer as ons geoefen nie, so dit sal goeie kompetisie wees.
Ek dink almal het maar bietjie lui geword met die “lockdown” en ek dink ons is almal redelik op dieselfde vlak. Nie heeltemal verleer nie, eerder net geroes.
Ek dink daar moet nou meer spanoefeninge wees, want dit is hoe ‘n span beter word, deur saam te oefen en jou spanmaats se spel te leer.
Dit is vir my vreeslik lekker om saam met my maats te oefen. Al oefen ons, het ons ook pret.
Dis baie lekker om weer terug te wees op die baan, saam met maats en te kan speel, met n bal, in n span.

Annabelle (graad 4) is baie opgewonde om weer te kan speel. Dis vir haar vreeslik lekker om al haar netbal maats by die oefeninge te kan sien en teen hulle te kan speel. Sy wil net
weer lekker netbal speel soos altyd. Sy voel kinders het so n bietjie verleer om netbal te speel, omdat hul nie geoefen het nie. Almal moet n bietjie leer om te kan verdedig.

Jana van der Merwe (graad 7) is baie opgewonde dat die netbal weer begin het, want sy het haar netbal maats regtig gemis en ook al die toernooie.
Sy is nie presies seker wat om te verwag nie, maar hoop dit kan weer normaal aangaan, soos al die ander jare, sodat hul weer toernooie, aandliga’s en saam met ander skole kan speel – sonder maskers, natuurlik!
Sy dink nie n mens kan netbal regtig verleer nie, al het jy minder geoefen. Sy dink tog almal het so n bietjie onfiks geraak tydens “lockdown”. Sy dink dus daar moet die meeste op fiksheid en verdediging gefokus word.
Dit beteken vir haar baie om weer saam met haar maats te oefen, want sy het hul regtig gemis en almal is so geseënd om nog gesond te wees en netbal te kan speel.

Lené Human (graad 7) is baie opgewonde dat die netbal weer begin het. Sy het dit die meeste gemis om saam met haar maats, as n span ‘n wedstryd te speel.
Sy is nie doodseker wat om te verwag met Covid nie, maar hoop dat hul wedstryde sal kan speel. Sy dink darem nie kinders het verleer hoe om netbal te speel tydens die “lockdown” nie,
maar hul vaardighede is bietjie verroes en nie verder ontwikkel nie.
Daar sal definitief aan fiksheid gewerk moet word, alhoewel daar individue is wat reeds fiks is.
Dit beteken vir haar baie om weer saam te kan oefen, want –soos in haar eie woorde: – “dis jou maats saam met wie jy is.”