Van ons tennissterre was so opgewonde oor die tennisseisoen wat uiteindelik, na vele maande , weer by Willem Postma begin het,
dat sy sommer ‘n gedig oor die onderwerp geskryf het.

Pasop!! Dit reën potte!

Tennis het begin en almal is bly,
Vir die liga wedstryde en toere, almal skree Yay!
Ons almal kort lekker oefening om fiks te word,
Want ‘n ekstra vetrolletjie is nie wat ons kort.

Rising Stars word in Mei-maand gespeel
Die meisies en seuns is reeds gekeur
Om teen ander skole mee te ding
En dan Johannesburg toe te gaan, weer!

Die naweek neem Possies aan die Vrystaat-mini’s deel
En volgende naweek begin 2 groot toernooie in ons stad
Die ‘Nationals’ en ‘Growthpoint’ bring die bestes bymekaar
Van oral oor die land om mekaar aan te vat

Mnre Sakkie en Chris hou die tennis-stuurwiel styf vas
Terwyl Juf Jarine en Lee Ann ook uitsien na hierdie jaar
Want ons skool het sommer baie talent,
‘n jaar om na uit se sien, voorwaar!

Dus vra ons al die onnies en leerlinge van die skool
Hou maar elke dag en nag goed telling
Want as die Possie-spelers begin vlam vat op die baan
Reën dit sommer baie potte en stelle!!