Blits Nuus

ONTMOET VIR CORNELL HUMAN

Soos meeste van die Possies weet is die graad 5 Engels-juffrou, juffrou Ria, se eerste kind, ‘n seuntjie in die
eerste kwartaal gebore. Sy naam is Cornell, ‘n familienaam. Soos baie min ander ma’s dit beleef, bederf Cornell hulle
darem met baie slaap en hoef sy net een keer per nag op te staan. Hy huil nie sommmer nie, net as hy erge
maagpyn kry.

Juffrou sê dat hy drie weke terug begin glimlag het en dat dit vir haar die oulikste ding onder die son is.
Juffrou wil al terugkom skool toe, nog net nie nou nie. Sy kan nie dink hoe sy so lank van hom af kan
wegbly nie, gelukkig is dit erger vir die ma as vir die baba. Juffrou Ria het gesê: “Ouerskap is die grootste
voorreg en geskenk uit God se hand. Ons geniet elke oomblik daarvan!”

Ons hoop juffrou geniet hom baie en rus lekker – ons kan nie wag dat juffrou terugkom nie!