Covid is nou al vir lnager as ‘n jaar aan die gang en dit lyk nie asof dit sommer binnekort gaan wyk nie! Baie mense kla dat hulle Covid-voos is. Ons het ‘n klompie Possie-personeel genader om te hoor hoe hulle persoonlik voel oor Covid. Hoe hulle elke dag se uitdagings hanteer en wat hou hulle sterk!

As daar nou een ding is wat ons van ons Possie personeel kan sĂȘ, dan is dit dat hulle almal vroue en manne van staal is! Covid kry hulle nie onder nie en danksy hulle geloof in ons Hemelse Vader, staan hulle besonder sterk in hierdie tyd!