Heron banks

Die meeste seuns sal tydens ‘n naweek by die huis in hulle pajamas sit en TV kyk, maar Christoph Brönn , Bernard Benade en James Nel het die
naweek van 6 Maart 2021 gaan gholf speel . Hulle het deelgeneem aan die Heron Banks Junior Ope  in Sasolburg, waar hulle teen opponente
van oor die hele Suid-Afrika gespeel het.

Christoph het die toernooi op ‘n hoogtepunt begin, deur die bal by die eerste putjie op die 4de hou in te slaan.
Christoph wil liewer vergeet hoe hy die bal in die water ingeslaan het.  Hy het ‘n algehele 10de plek behaal.

Hoewel James met die eerste putjie die bal in die water geslaan het, het hy dit baie geniet dat sy konsentrasie met verloop van tyd verbeter het.

Bernard se trotsste oomblik in die toernooi was toe hy ‘n lang sethou gesink het, maar hy beskryf sy slegste oomblik toe hy vyf houe op ‘n putjie met baansyfer 3 gespeel het.

Bernard, met ‘n derde plek en James met ‘n vierde plek, is in die Vrystaat Span ingesluit.
Dalk inspireer hulle ‘n paar van die seuns wat hulle van die rusbank af dophou, om ook aktief te wees!