Pret

ONNIES SLIP SKOOL OP HULLE FIETSE!

By 2020-07-16 No Comments

Op 7 Augustus 2020 gaan Willem Postma en BFN Laerskool se onnies wegglip Kaap toe! Die twee skole bied ‘n gesamentlike ‘trap-jou-fiets-tot-in-die-Kaap’ fondsinsamelingsprojek aan.
Ons vra al ons ouers en die publiek om asseblief hierdie aktwiteit heelhartig te ondersteun en ‘n groot sukses te maak. Die fondse gaan aangewend word om Beheerliggaamposte by BFN Laerskool te red en om in die Willem Postmagemeenskap behoeftige gesinne te ondersteun.
Lees die onderstaande inligting en klik op die Facebook skakel om weer te wete te kom en veral om ‘n kans te staan om daardie wonderlike pryse te mag wen.

Deel hierdie plasing op Facebook en staan ‘n kans om een van 10 LEjiT Lekker Restaurant steak etes te wen!
Skenk R100 (of meer) en wen jou deel van R20 000 in pryse!
Vir meer inligting: https://facebook.com/events/s/cycling-for-charity/589450111962101/?ti=as
Die Perdestalle
The Edge at Naval Hill
Amazing Grace Prints
Janke Jacobs (Look Up Nails)
Quest Clubs BFN
Pick n Pay Preller Walk
Michael Hetzel (Annique)
Digitv SA
Nurse to the Rescue
Willem Postma Primêre Skool
Laerskool Bloemfontein
Econo Foods
LEjiT Lekker Restaurant