Kultuur

O’KULIS SE PUIK DIGITALE JOERNALISTE VIR 2021.

By 2021-02-22 No Comments

Willem Postma se puik digitale joernaliste vir 2021 voel dat hierdie jaar een van die bestes kan wees! Hulle sien baie uit na die jaar met sy uitdagings en al. Met hulle entoesiasme is dit geen wonder dat hulle reeds as puik bestempel word nie, ons weet sommer byvoorbaat dat hierdie sestal dogters voorwaar hulle kant dubbel en dwars gaan bring. (Van hulle het reeds in 2020 hulle staal in woorde gewys!)
Die dogters van links na regs is: Inke Rademeyer, Nieke Simkin, Savanag Olivier, Melmarie Pretorius (Redakteur) Cara van Staden (nuwe lid) en Lisa Steyn.

Die twee manne is mnr Smit aan die linkerkant en mnr Kotzé (skoolhoof) regs.

Ons wens hierdie span alle sukses en sterkte toe.