Possies is liefdes mense! Met die dat die skool so laat begin het en daar nie genoeg tyd was om ‘n behoorlike Valentynsdag te hou nie, het ons dit uitgestel, maar hou het ons dit gehou!
Wat is dan nou lekkerder as rooi hartjie dag met glimlagte en vriendelike gesiggies wat drukkies oor ‘n afstand uitdeel en dan heerlik piekniek op die rugbyveld te hou! Savanah het die mooiste Valentynsdag video gemaak van Possieland se hartjiedag!