Sport

NETBALDOGTERS VERRAS EERSTE RUGBYSPAN

By 2021-05-17 No Comments

‘n Ouer het die oulike voorstel gemaak dat die dogters van die eerste netbalspan die rugbyseuns op ‘n tasbare manier sterkte toe wens
vir die komende seisoen.

Dit het op die rugbyveld plaasgevind sodat sosiale afstand gehou kon word. Elke seun van die eerste rugbyspan het
Vrydag 7 Mei ’n pakkie van die netbaldogters ontvang wat bestaan het uit ’n sjokolade en ’n sleutelhouer met ’n boodskap op.
Ceinwin Lindeque (netbal onderkaptein) het ’n boodskap aan die seuns gelewer om hulle sterkte toe te wens vir die rugbyseisoen
en dat dit met hulle goed sal gaan en dat hulle die skool se naam sal hoog hou.

Die seuns het dit glad nie verwag nie en was verras en opgewonde oor die mooi gebaar deur die dogters. Die seuns het ook
later vir elke meisie van die eerste netbalspan ook ’n sleutelhouer en ’n blom gegee om te wys dat hulle dit waardeer.

Dit is sulke mooi gebare tussen ons seuns en dogters wat die woord omgee ‘n mooi betekenis gee!