Nes Possies dink alles is nou normaal en ons kan rustig aangaan met ons beplannings en werk, dan verander dinge skielik weer as gevolg van Covid-19. So het ons pas verneem dat ons beplande fietstrap van Bloemfontein tot in die Kaap uitgestel is na 21 Augustus 2020. Een baie groot geluk – en dit ek ek via die stoepstories gehoor (nogals baie vertroulik ook), is dat menige onnie heimlik dankbaar is dat dit uitgestel is. Dit gee hulle nou kans om beter te kan voorberei daarvoor. Dit is mos maar so dat meeste onnies se stemme en hande die fikste is, so nou kan die bene ook fiks word.

DUS, onthou, 21 Augustus is die D-dag vir die Bloemfontein-Kaap fietstrap.

Tot dan, lekker oefen.