Aktueel

‘N NUWE POSSIE ONNIE – JUF CLARIZé

By 2021-02-20 February 22nd, 2021 No Comments

Ontmoet juf Clarizé, die nuwe onnie in juf Grethe se plek by graad 4.
Juf. Clarizé Bonthuys, ons nuwe graad 4 Afrikaanse juffrou, het vir veertien jaar by Fichardtpark Primêre Skool skoolgehou, voordat sy in 2021 ‘n Possie geword het. Sy is vreeslik lief vir Afrikaans, maar as sy iets móét kies waarvan sy die minste hou, is dit om opstelle te merk.
Haar gunsteling Afrikaanse skrywers is die groot name, soos Ingrid Jonker, Eugene Marais en André P. Brink, en meer onlangs geniet sy ook die boeke van Deon Meyer.
Die eerste woord wat in haar kop kom as sy die woord “Possie”hoor, is “Pret-en-plesier”.
Juffrou Clarizé se woorde aan die graad 4’s is: “In ‘n baie kort tydjie het ieder en elk so diep in my hart ingekruip. Juffrou sien uit daarna om 2021 saam met julle aan te pak. Saam gaan ons hard werk, maar ook hope pret hê.”
Welkom by Possie-land, juffrou Clarizé!