Aktueel

MNR KOTZé BEANTWOORD ‘N KLOMPIE VRAE.

By 2021-02-20 February 22nd, 2021 No Comments

Hoe voel Meneer oor die besluit dat die skole 2 weke later moes oopmaak ?
“Vir my het dit soos ‘n mors van tyd gevoel.” Sê Mnr. “Ons was gereed om te begin en ek glo die kinders ook.”
Is Meneer opgewonde om ook nou klas te gee ?
Ja, Dit is lekker om kontak met die kinders op ‘n ander vlak te hê en meer kinders te leer ken.
Waarop is Meneer trots na amper ‘n jaar van die begin van die pandemie ?
Ek is baie trot op die manier hoe die personeel ingespring en dinge anders begin doen het. Die feit dat ons deur die jaar se werk kon kom, is ‘n pluimpie vir ons skool en almal betrokke.
Wat is Meneer se stokperdjie en sal Mnr dit kan beoefen die jaar ?
Ek het nie eintlik ‘n stokperdjie nie, maar ek hou baie daarvan om sport op die TV te kyk, en dit kan ek darm doen.
Het Meneer troeteldiere, en wat is hul name?
Ja, Ons het twee katte, hulle name is Lulu en Thula.

Die kat voel beslis baie tuis by haar baas.

Hulle is baie oulik en “rule” die huis.