Saam geskryf deur Lisa Steyn  en Inke Rademeyer.

Die 75 jarige herdenking van Willem Postma het ‘n verandering aan ons jaarlikse pretstap gebring.  ‘n Ongelooflike “colour-walk” het die jaarlikse pretstap vervang.

‘n Lang ry motors vanaf Emoya Estate tot by Woodland Hills se ingang, het behoorlik aandag getrek.

Om half agt, die oggend van 6 Maart 2020, het Willem Postma leerders hul eerste “colour-walk” in die veld by Emoya beleef .

Omring met pragtige natuurskoon op ’n windstil dag, kon almal hul verwonder aan die verskillende wilde diere, soos lamas en springbokke.

5 Km se stap, 3 waterpunte en 2 punte waar jy met verf gegooi kon word het die stap vervolmaak.

Na die 5 km se stap was ons vol verf. Ons het elkeen ‘n medalje ontvang met 75 jaar voorop. Jy kon huis toe gaan of by die restaurant gaan eet. Jy kon binne of buite sit en die mooi uitkyk geniet terwyl jy heerlike kos eet. As jy daarvan hou om gholf te speel kon jy so paar balle gaan slaan het. Daar was ook ‘n pretpark vir die kinders.