Aktueel

MELMARIE VRA DIE GR 5’S OOR DIE VAKANSIE EN OOR DIE NUWE JAAR.

Gemma King het die volgende te sê gehad…
Wat het jy die vakansie gedoen?
Ons het by my ouma en oupa oor die swembad met ‘n “Zip Line” gegaan en in die swembad gespring en op swembad opblaas speelgoed geland.
Het jy enige vooruitsigte vir die kwartaal?
Nie eintlik nie.
Enige sport vooruitsigte?
Ek wil vir seker die beste doen in alles.
Akademiese vooruitsigte?
Ek wil in al my vakke verbeter.
Wat is jou grootste vrees en vreugde?
My grootste vrees is om aan ‘n spinnekop te raak en my grootste vreugde is om my beste vriendin weer in Klerksdorp te kon sien.

Adri du Preez lug ook haar gevoelens….
Wat het jy die vakansie gedoen?
Ons was Drakensberg toe en ons sou see toe gaan, maar as gevolg van Covid kon ons nie gaan nie.
Het jy enige vooruitsigte vir die kwartaal?
Net die eksamen aan die einde van die kwartaal.
Enige sport vooruitsigte?
Voortrekkers
Akademiese vooruitsigte?
Klavier en kuns
Wat is jou grootste vrees en vreugde?
Haar grootste vrees is om te druip en haar grootste vreugde is as sy bo 80% kry.

Mila Human sê weer ….
Wat het jy die vakansie gedoen?
Ons was Sandgat toe en was daar by my ouma hulle in Fort Beaufort gewees.
Het jy enige vooruitsigte vir die kwartaal?
Ek dink nie so nie.
Enige sport vooruitsigte?
Seker al my sporte soos my klavier , kuns en voortrekkers.
Akademiese vooruitsigte?
Nie eintlik nie.
Wat is jou grootste vrees en vreugde?
Haar grootste vrees is dat sy nie aan enige goggas of insekte wil raak nie en haar grootste vreugde is om saam met al haar maats te speel by die skool elke dag.