Graad sewes het die volgende te sê gehad oor valentynsdag:
Wat beteken Valentynsdag vir hulle?
Dit beteken vir die meeste rooi hartjies, liefde, omgee en om met mekaar dinge te deel. Om vir iemand anders te wys dat hulle vir hom of haar omgee en om vir mekaar drukkies gegee, al is dit ‘n lugdrukkie (‘n drukkie sonder om aan mekaar te raak).
Volgens my maats moet Valentynsdag elke dag uitgeleef word. Jy moet mooi optree teenoor ander mense, vir mekaar liefde wys en vir mekaar omgee, elke dag. Gee elke dag ook vir mekaar ń drukkie om te wys jy is lief vir mekaar.
Die meeste maats het nie ‘n spesiale Valentyn nie, maar baie het iets spesiaals ontvang van ‘n geheime bewonderaar.
Inke Rademeyer

Ek het met ‘n groep graad 6’e gepraat en gevra wat Valentynsdag vir hulle beteken. Die belangrikste ding wat vir hulle uitstaan is die liefde en omgee. Hulle het almal iemand spesiaal gehad. Hulle sê hulle wys dat hulle omgee deur geskenke te gee, sodat daardie persoon liefde voel. Een meisie het geskenke gekry by haar niggie, maar die ander het net vir mekaar briefies geskryf. Hulle wil ook hê dat ons Valentynsdag elke dag moet uitleef sodat ons vir mekaar liefde kan wys. Die beste ding van Valentynsdag behalwe die gewone klere en geskenke is die LIEFDE! Valentynsdag is vir hulle vreeslik lekker en hulle sien uit na volgende jaar se Valentynsdag.
Lisa Steyn

Liefde is in die lug by Possieland en die graad 4’s het baie te sê daaroor. Hulle weet duidelik dat Valentynsdag liefde en omgee beteken. Dit is daarom ook die mooiste ding vir hulle van Valentynsdag.
Hulle het gesê hulle gaan lekker sit en sjokolade eet met die hoeveelheid wat hulle gekry het.
Hulle het dit duidelik geniet om gewone klere aan te trek en sê hulle, die skool moet sommer elke dag Valentynsdag hê .
Cara van Staden