Ek het met Juf. Hannerie gaan gesêls oor Mnr. Kotzé se verjaarsdagvieringe van die afgelope paar jaar. Dit is nogals interessant om met mense oor hulle wederhelftes te gesêls.

’n Tradisie wat hulle as gesin het as iemand in die gesin verjaar, dan maak hulle die oggend ’n skinkbord met koffie en beskuit
vir daardie een om in die bed te geniet. Later gaan sit hulle in die sitkamer en wens hom/haar geluk en kuier saam.

Elke jaar se geskenk van die skool is vir hom spesiaal, maar die een gekenk wat vir hom meer uitstaan is ’n kampstoel wat die
skool vir hom gegee het, wat op staan: ‘‘Possie meester’’.

Een jaar het mnr. Jaco ’n slegte ervaring gehad tydens sy verjaarsdag. Hy was in die hospitaal omdat hy nierstene gehad het,
maar die skool het vooraf alreeds beplan om hom die oggend van sy verjaarsdag te gaan oplaai met ‘n Harley Davidson motorfiets.
Die oggend is hy pas uit die hospitaal ontslaan. Hy het egter steeds pyn gehad, en ongelukkig twee dae later weer in die hospitaal beland vir verdere behandeling.

Aangesien Mnr Kotzé hierdie jaar op ’n Sondag verjaar het, was al hulle kinders die naweek by die huis. Hulle het sommer die hele
naweek lank sy verjaarsdag gevier en die tyd saam as gesin geniet.