Ons wonderlike skoolhoof, mnr Kotzé, het vir die 53ste keer in sy lewe verjaar.

Ek dink dat elke possie met my sal saamstem dat ons hom baie lief het. As daar ‘n skoolhoof van die jaar erkenning was, sou
Willem Postma se skoolhoof dit beslis gewen het.

Mnr Kotzé sê dat die lekkerste ding op sy verjaarsdag was toe hy by die salon ‘n haarsny gekry het, aangesien hy nie daarvan hou
om met lang hare en ‘n baard te loop nie. Al die Possies het vir hom ‘n verrassingsoptog op die rugbyveld gehou en dit was vir hom baie aangenaam.

Nie net meneer was bederf op sy verjaarsdag nie, maar die hele skool… Elke Possie het ‘n hamburger van Mc Donalds gekry saam met ‘n sappie.
Dit het gevoel of die hele skool verjaar, want ons het ook vroeg uitgekom daardie dag. Dit was ‘n wonderlike dag vir elke liewe Possie.

As hy enige geskenk in die wêreld kon kies, sou hy graag vrede in die skool wil hê en dat al die kinders respek het vir mekaar.
Hul moet ook dan hulle werk doen en nie stout wees nie. Hy sal ook glad nie omgee vir ‘n miljoen rand nie… hahahaa – wie sal nie omgee daarvoor nie!

Sy gesin het vir hom op sy verjaarsdag bederf met koffie en beskuit in die bed. Hulle het vir hom gesing en hom mooi wense toegewens.
Sy dogter, van Frankfort, het ook kom kuier en dit was vir hom baie spesiaal.

Verder het ek vir mnr die volgende twee interessante vrae gevra.
Vraag 1: “As mnr ‘n held of heldin na mnr se partytjie kon nooi, wie sou dit wees en hoeveel mense sou mnr nooi?”
“Kom ons sê maar Superman. Ek sal daarvan hou om ‘n bietjie met hom te gesels en te hoor hoe dit voel om alles te kan doen. Ek sal min mense nooi sodat ek met elke persoon kan gesels.”

Vraag 2: “As mnr een wens op mnr se verjaarsdag kon maak, wat sou dit wees?”
“Vrede, vreugde, gesondheid en geluk aan al my vriende, familie en die skool.”

Ons wonderlike skoolhoof het ‘n baie mooi hart en gee baie om vir ons skool. Gelukkig sê hy hy voel nie oud nie.

Ons hoop mnr het lekker verjaar!