Aktueel

HOE BELEEF DIE GRAAD 4’S HUL EERSTE PAAR DAE?

Ek het aan die begin van die skooljaar, vir twee graad 4’s gevra hoe hulle graad 4 sover beleef:

V: Hoe voel dit om nou in die “groot” skool te wees?…
A1: Annabel Naude sê dat dit nou voel of sy al amper in graad 7 is.
A2: Lené Rademeyer sȇ dat dit lekker is om so baie vakke te hê en sy voel nou
sommer soos n groot meisiekind.

V: Hoe voel jy daaroor dat jy nou verskillende onderwysers gaan hȇ?
A1: Lené sê dit voel nog so n bietjie vreemd om n klomp verskillende menere en
juffrouens te hȇ.
A2: Annabelle sê dit voel snaaks, maar ook baie lekker.

V: Is daar enige iets waarna jy uitsien?
A1: Annabelle sien daarna uit om klasse te wissel, maar “ongelukkig kan ons dit nie
nou doen nie.”
A2: Lené sien daarna uit om eksamen te skryf .

V: Wat dink jy gaan die lekkerste in graad 4 wees?
A1: Lené dink Wiskunde gaan die lekkerste wees.
A2: Annabelle sien daarna uit om elke dag n ander meneer en juffrou te sien.