So lui een van die lesse wat hierdie jaar by ons CSV kamp geleer is. Onder leiding van pastoor John van Creare Gemeente, het 18 jong energieke Possies vir 2 dae lank ‘n fantastiese naweek gehad. Die kamp is gehou op die CSV- kampterrein naby Gwen Bali. Met plaasdam swem, modder manewales en kapperjolle was daar eindelose pret. Maar in die diep oomblikke van aanbidding en dankbaarheid, het hulle saam ontdek dat elkeen se lewe saak maak. Dat God se tyd en beplanning altyd die beste tyd vir my lewe is. Die CSV-span van Willem Postma sien met afwagting uit om in 2021 nog meer Possies op die kamp te sien.