Tennis was die naweek van 18 tot 20 September op almal se lippe in Bloemfontein. Die Vrystaat ProKennex Mini 2 Tennistoernooi is hierdie keer deur meer as 150 aspirant professionele tennisspelers ondersteun en soos gewoonlik was Willem Postma goed verteenwoordig. Die heerlike wolk- en windlose dae het vir opwindende tennis gesorg.
Possies wat weer uitgestaan het is die volgende:
0/10 Dogters – Lisha Bellingan (6de)
0/10 Seuns – IR vd Merwe (4de)
– Francois Hefer (6de in Gold afdeling)
0/12 Dogters – Savanah Olivier (2de)
– Ameli Bezuidenhout (9de)
0/12 Seuns – Jaedan Powell (7de in Gold afdeling)
0/14 Dogters – Anne Reynders (4de)
0/14 Seuns – Erick Heyns (4de)
– Dian Havenga (9de)
Veels geluk aan al hierdie leerlinge. Ons is trots op julle.
#POSSIETROTS