Ek wil jou graag vertel wat in die Lockdown gebeur,
dis nou die plek waar ons moet leer,
Van hande-was en by die huise bly…
kom ons hoor wat sê die ander vir my.

Lizanne de Villiers doen gereeld haar werk,
Sy voel tog alleen, maar haar hart is sterk.
Haar ma is so bang sy los iets uit,
want netnou gaan haar akademie Suid.

Ons eie Possie- Ninja het ook sy gesê,
Sy kamer voel soos n ouetehuis waar hy elke dag moet lê.
Wicko Carstens sê die Lockdown reëls moet nou dadelik val,
Want sy ma is die Hoofmatrone en dit maak almal mal.

Vir Kayla du Preez is die Lockdown ideaal,
want sy doen haar werk op eie tyd en kan dan later inhaal.
Gerhard Nel is tevrede met lang breuke tussen in,
maar mis sy maats en wens dat die skool moet begin.

Die Lockdown is vir my ook nie gerieflik nie,
ek mis my maats , die onderwysers , netbal en hokkie.
Dankie vir ons ouers wat onnies probeer wees,
Ons almal ervaar dit in n positiewe Possie-GEES!!!