Die ooievaars vlieg weer oor Willem Postma se dakke!

Drie van ons juffrouens in Willem Postma is swanger en hulle maak gereed om ‘n nuweling in hulle familie te verwelkom.
Tydens my onderhoude met hulle was dit baie duidelik dat hulle vol vreugde en opgewondenheid is oor hierdie mensies.

Juf Izél, een van Possieland se Gr. 2 juffrouens, se derde wonderwerkie wat sy verwag, is ‘n seuntjie. Klein Ian word verwag teen 5 Augustus 2021.
Juf Izél voel hulle gesin is dan volledig, want hy het reeds ‘n boetie (3 jaar) en ‘n sussie (9 maande). Hulle besluit nog oor
die babakamer, maar sy dink dit gaan ‘n ‘cowboy’ tema wees. Sy wil graag hê haar nuwe seuntjie moet altyd geanker wees aan God
en dat hy goeie waardes sal hê.

 

 

 

 

Juf Almarie, nog ‘n Gr. 2 juf van Possieland, verwag ook ‘n bondeltjie vreugde. Hulle is baie opgewonde oor hulle nuwe dogtertjie wat
oppad is, haar sussie is 3 en ‘n half jaar oud. Die babakamer se tema is tans ‘n kopseer, want volgens juf Almarie is daar net té veel opsies.
Hulle besluit nog oor die prinsessie se naam, Juffrou se wens vir haar is dat sy sal weet dat God altyd in beheer is en Hy los jou nooit alleen nie.
Vertrou net volkome.

 

 

 

 

 

Juf Erna, een van Possieland se musiek juffrouens, se nuweling is amper hier. Sy het nog nie ‘n naam nie, maar sy kom ontmoet die
wêreld hopenlik op 9 Junie 2021. Hulle is opgewonde dat die nuwe baba deel van hulle gesin gaan word. Sy gaan ‘n pink en grys kamer hê.
Sy het ook ‘n ouer boetie van 2 jaar wat vir haar wag. Juf Erna het mooi wense en drome vir haar pinkvoet wat oppad is… Sy moet ‘n goed
geballanseerde en gawe mensie wees, wat goed sal doen aan ander mense. Sy moet ‘n goeie lewe lei.

 

 

 

 

 

Willem Postma wens hulle hartlik geluk en hoop dat die tyd wat oor is goed en glad sal verloop. Ons sien uit om die 3 nuwe gesiggies
te ontmoet en ons wens hulle baie sterkte toe!