Kultuur

DIE SENIORKOOR GAAN OEFEN BY GARIEPDAM

By 2020-02-19 February 28th, 2020 No Comments

Die Willem Postma Seniorkoor het van 7 – 9 Februarie hul jaarlikse
oefenkamp by Gariepdam gehad.

Ongeveer honderd opgewonde gesiggies het Vrydagoggend reeds voor 07:00 vir die busse gewag.

Die koor het wel baie hard geoefen, maar het ook pret gehad as daar ‘n ruskans was.
Al die etes is deur die oord voorsien en die kinders is gereeld getrakteer met heerlike verversings.

Energievlakke het tot laat saans nog hoogty gevier!
Opregte dank aan al die betrokke personeel wat die koorkamp weereens ‘n onvergeetlike uitstappie gemaak het.