Ek het met twee van ons rugbyafrigters en ‘n paar graad 7 rugbyspelers gaan gesels oor hoe hulle voel noudat die rugby weer kan begin.
Beide afrigters is bly die rugby het begin sodat hulle en die kinders kan ontslae raak van al die opgehoopte energie. Meeste van die seuns se vaardighede
het agteruitgegaan en verswak aangesien hulle ‘n jaar laas aan ‘n bal geraak het op die rugbyveld. Die fisiese oefening is baie goed vir die kinders en help
weer met hul algemene gesondheid. Hulle moet nou weer op fiksheid en vaardighede konsentreer. Sonder ‘n bal kan hulle nie speel nie, so om te kan vang en uitgee is belangrik.

Mnr Ruben Maree sien uit om die vordering van die seuns te sien wat alles insit in hul sport en alreeds baie hard werk in die oefeninge.
“Op die sportveld leer jy mense ken. Dis hier waar lewenslange vriende gemaak word. Daardie kameraadskap met die spelers, my mede-afrigters en selfs die
opposisie is waarna ek verlang. Ook die trots wat die spelers het om vir Willem Postma te kan uitdraf op die veld.” Sê Mnr Nico.

Die jong manne is ook opgewonde en kan nie meer wag vir die rugbyoefeninge nie. Hulle sal dalk bietjie sukkel, omdat hulle lanklaas ‘n wedstryd gespeel het,
maar hul afrigters, Mnr Paul en Mnr Nico glo hulle sal mooi voorberei. Kinders het dalk tydens grendeltyd hulle vaardighede en verdediging verleer, maar gaan hard werk om dit goed te kan bemeester.
Dit is vir hulle fantasties om weer saam met hul maats te kan oefen op die veld, aangesien hulle ‘n jaar daarvoor gewag het.

Baie sterke vir die komende rugbyseisoen aan al die seuns en afrigters.
Hou Possies se naam hoog!